Hoe Oophand Werk

Oophandbediening is die welsynsarm van Kompas Gemeente. Hiermee spreek ons die behoeftes en fisiese dimensie van die gemeente en gemeenskap aan deur die uitleef van ons vierde ritme, naamlik om God te dien met al jou krag.

maak-'n-verskil

Wat Jy Moet Weet

Ons ontvang donasies en skenkings in die vorm van kos, klere, geskenke, huishoudelike goedere en finansiële bydraes

  • Die skenkings word verwerk, verpak, en dan versprei na gesinne en instansies.
  • Die kos en klere winkel is oop Maandae tot Donderdae vanaf 09:00-16:00, en Sondae tydens die dienste 07h30 tot 12h00.
  • Gesinne word op grond van ‘n aansoekvorm en behoeftebepaling vir ‘n tydperk van drie maande op ‘n keer ondersteun.

Wat is `n Mula?

Mula`s is die enigste geldeenheid wat in die Oophand Kos & Klere winkel aanvaar word en kom in die vorm van 50, 100, en 500 eenhede. Jy kan Mula’s aankoop by Kompas Gemeente se ontvangs of by die aanlyn winkel.

Hoe Raak Ek Betrokke?

As individu of instansie kan jy betrokke raak deur enige skenkings in die vorm van kos, klere, geskenke, huishoudelike goedere of die aankoop van Mulas vir verspreiding na gesinne en instansies in nood. Bydrae vanaf instansies kwalifiseer vir ‘n 18A Belasting Sertifikaat. Indien jy betrokke wil raak kontak Nicolene op 071 543 6831 of stuur `n e-pos na donasie@oophand.org.za

Die Oophand Kos en Klere Winkel is ook opsoek na vrywilligers om betrokke raak by die verpakking en bemanning van die winkel, indien jy betrokke wil raak kontak asb vir

Nicolene 071 543 6831 of stuur `n e-pos na donasie@oophand.org.za